
Vier 2011 Michelangelo Medaljes
Tydens 'n gala geleentheid by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes op 9 September 2011 is die uitslae van die 2011 Michelangelo International Wine Awards bekend gemaak soos beoordeel deur 15 internasionale beoordelaars.
Volgens die reëls van die Michelangelo International Wine Awards mag slegs 30% van inskrywings medaljes ontvang, wat tot die prestige van 'n wyn met 'n Michelangelo-medalje bydra.
'n Goue medalje is toegeken vir die Koelenhof Pino Porto 2008 en silwer medaljes vir die Koelenbosch Merlot 2008, Koelenbosch Shiraz 2008 en Koelenbosch Pinotage 2008. Die rooiwyn kategorie wat vanjaar die meeste inskrywings gelok het was Shiraz en daarom is die medalje toegeken aan ons Shiraz 'n verdere prestasie.
Wynmaker, Wilhem de Vries, skryf as volg: "Ek is baie opgewonde oor die wyne wat gewen het. Hul wys baie mooi vrug en struktuur. Die feit dat 'n internasionale paneel die wyne so hoog geklas het, wys dat ons wyne baie goed in die internasionale mark meeding".

Snowball Effect